Event Details


“Toe het Jesus weer met hulle gepraat en gesê: ‘Ek is die lig vir die wêreld. Wie My volg, sal beslis nie in die duisternis leef nie, maar sal die lig van die lewe hê’” (Johannes 8:12 Afr20). Bid vir die FEBA-luisteraars wat nog in geestelike duisternis wandel, dat hul oë geopen sal word vir die Lig wat lewe bring.