Min mense besef wat ’n voorreg dit is om geletterd te wees. Meer as 750 miljoen volwassenes wêreldwyd is ongeletterd, wat hulle toegang tot inligting, vaardighede en ’n voldoende inkomste beperk. Hulle kan ook nie die Bybel of ander Christelike lektuur lees wat hulle na Christus toe kan lei nie. Dank God vir radio, wat FEBA toelaat om ongeletterdes daagliks met die Goeie Nuus te bereik! Bid ook dat Hy FEBA in staat sal stel om reg oor die wêreld uit te saai totdat almal gehoor het.