Bid vir Ayata, FEBA Tsjad se direkteur, wat tans vir ’n maand in Soedan is om tegniese opleiding en ondersteuning aan FEBA Soedan se onervare span te verskaf. Die reis tussen Tsjad en Soedan is ’n moeilike een. Bid dat Ayata veilig sal terugkeer en dat sy tyd saam met FEBA Soedan oorvloedige vrug sal dra.