Event Details


FEBA se Etniese Bedieningspan saai God se Woord uit na 18 etniese minderheidsgroepe in Suidoos-Asië, waaronder die Hmong, Khmu, Mon, Mien en Ifugao. Omdat radioseine net kol-kol in die berge voorkom, maar selfoonsein uitstekend is as gevolg van die plasing van torings, luister mense op hul selfone. Baie van dié mense is animiste wat in vrees leef vir geeste wat deur allerhande offers tevrede gehou moet word. Bid dat hierdie mense die Weg, die Waarheid en die Lewe deur FEBA se uitsendings in hul eie taal sal ontdek.