Event Details


Noord-Korea is die slegste plek in die wêreld om ’n Christen te wees. Christene word erg vervolg. Daar is ongeveer 400,000 Christene in Noord-Korea, waarvan sowat 70,000 in kampe vir gevangenes is. Dit sluit kinders in. Dis ook een van die wêreld se mins-bereikte lande, met 99.3% van die bevolking steeds onbereik. FEBA Korea saai 18 ure per dag na Noord-Korea uit. Bid dat mense die Goeie Nuus sal hoor en met die hoop van Christus gevul sal word.