Event Details


Bid asseblief vir FEBA Oekraïne en hul luisteraars. Die span werk hard om aan te hou bedien te midde van die geweld op die front en die lyding tuis. Beraders luister daagliks na talle hartverskeurende stories en bid saam met mense wat die hulplyn skakel. Bid vir die beraders se geestelike- en geestesgesondheid. Bid dat God FEBA Oekraïne se krag elke dag sal vernuwe en hulle sal gebruik om meer mense in hierdie donker tye na Sy lig toe te trek.