Loof God vir hierdie getuienis uit Suid-Korea: “Ek het soos die verlore seun geleef, maar nadat ek na FEBA geluister het, het my lewe verander. Ek het begin kerk toe gaan en bid, en deur God se genade het ek oornag ophou drink en rook. Dit was nie deur my eie krag nie, maar net deur God se hulp.”