Event Details


FEBA se radiostasies in Niger en Soedan vorder goed. Prys God dat FEBA Soedan ‘n uitsaailisensie en frekwensie sonder veel moeite kon bekom. Beide stasies het ‘n perseel en wag op toerusting – al wat nou kort, is die regte mense! Bid dat God getroue, kreatiewe, passievolle mense na albei plekke toe sal aantrek. Bid dat die mense in die Nuba-berge ontvanklik sal wees vir FEBA Soedan se boodskap, en dat FEBA Niger menige luisteraars met die Goeie Nuus sal bereik.