Event Details


Duisende gevangenes het Christus al deur FEBA se bediening gevind en baie van hulle is selfs ingeskryf by FEBA se Bybel-korrespondensiekursus! Getuienisse uit tronke in Thailand, Indonesië en die Filippyne vertel van mense wat gedink het daar is geen hoop meer nie, totdat hulle die Bron van alle hoop net daar in die tronk ontmoet het. Bid dat FEBA se Bybel-korrespondensiekursus transformasie in tronke reg oor die wêreld sal bring. Bid dat FEBA Indonesië toestemming sal kry om ’n Bybelskool in die tronk in Tangerang aan te bied. Bid dat gevangenes God se vergifnis en liefde deur FEBA se uitsendings sal beleef.