Prys God vir die geleentheid om Chinese luisteraars in Indonesië te bereik! Uitgesoekte programme van FEBA China het vanjaar op vier van FEBA Indonesië se radiostasies begin uitsaai. Bid dat hierdie programme baie Chinese luisteraars sal lok en hulle sal aanspoor om God met erns te soek.