By FEBA is daar honderde ma’s, dogters, susters, tannies en vriendinne wat agter die mikrofoon of agter die skerms dien, en hulle bereik miljoene vroulike luisteraars in 50 lande. Vroue in Kirgisië wat onder huishoudelike geweld ly, weduwees wat boer in Mosambiek, prostitute in die Filippyne, vroue wat vasgekeer is in die Oekraïnse oorlog – FEBA hoor van diesulkes en meer. Bid dat elke vrou in FEBA se bediening in haar geloof en wandel met God sal groei, sodat sy tot seën vir ander kan wees.