Event Details


Toegang tot die Goeie Nuus is ‘n voorreg wat baie mense ontneem word. Ten spyte van godsdiensvryheid en vrye toegang tot inligting het miljoene Japannese die evangelie nog nie ‘n enkele keer gehoor nie. Tog is daar ‘n groot behoefte aan God se liefde en genade in Japan, waar meer en meer mense aan geestesteurings ly en baie hul uit die samelewing onttrek om alleen in ‘n kamer te bly. Bid dat God FEBA Japan die wysheid en krag sal gee om elke geleentheid vir evangelisasie te benut.