Event Details


Indië ondervind tans ‘n toename in die vervolging van Christene. Daar is onlangs ‘n wetsontwerp in Assam goedgekeur, wat dit onwettig maak om vir ‘n siek persoon te bid, terwyl Christen-skole opdrag gegee is om van Christelike simbole, soos die kruis, ontslae te raak. Anti-bekeringswette is tot dusver in 12 state in werking gestel. Dit is nou meer noodsaaklik as ooit om deur middel van media, Christus aan die mense van Indië te bring. Bid dat FEBA Indië die Goeie Nuus sal kan aanhou uitsaai en dat hul boodskap wetgewers se harte sal verander.