FEBC Oekraïne versprei lampe met ingeboude mp3-spelers, sodat mense toegang tot lig en die evangelie kan hê in bomskuilings. Tydens lugaanvalle vervaardig die span video-uitsendings in ’n bomskuiling-ateljee. Bid vir wysheid, sodat hulle sal weet hoe om mense met die evangelie te bereik, en vra vir beskerming oor hulle en hul geliefdes.