Kinderverwaarlosing is ’n groeiende probleem in Oekraïne, veral waar dit tieners betref. Igor, FEBC Oekraïne se programdirekteur, is passievol daaroor om tieners te bereik met die goeie nuus van ’n Vader wat omgee. Bid dat die jongmense van Oekraïne hoop in die evangelie sal vind, asook vrede in die teenwoordigheid van ’n Vader wat hulle koester.