“Wysheid beskerm jou soos geld beskerming bied. Maar die voordeel van kennis is dat wysheid die lewe van hom wat dit besit, beskerm” (Prediker 7:12 NLV). Bid dat FEBA se jong luisteraars wysheid sal ontvang om God deur hul optrede te verheerlik en om die evangelie met hul vriende te deel.