Event Details


Tegnologie is sentraal tot FEBA se werk – van radiotorings en senders tot rekenaarhardeware en -sagteware. FEBA se tegniese ondersteuningspanne is dus ‘n onontbeerlike deel van die organisasie. IT-personeel en ingenieurspanne reis die wêreld vol om nuwe stasies te help oprig en die Goeie Nuus op die lug te hou. Bid dat God hulle sal bewaar en die wysheid sal gee om enige probleme wat opduik, te kan oplos. Bid ook dat Hy sal sorg dat FEBA altyd die regte mense vir die taak het.