Event Details


Goeie leierskap is van lewensbelang vir ’n sterk organisasie. FEBA is geseën met uitstekende leiers wat hul spanne reg oor die wêreld bestuur en terselfdertyd nuwe leiers oplei om die leisels in die toekoms oor te neem. Bid dat God FEBA se leierskap hierdie jaar sal lei waar hulle politiese, ekonomiese, kulturele en persoonlike uitdagings moet aanpak. Bid dat hulle getrou aan Sy roeping sal bly en hul spanne met goddelike wysheid sal lei. Bid dat God hulle op hul reise sal beskerm en hul werk sal seën.