FEBA Indonesië het onlangs ‘n nuwe program begin uitsaai waarin hulle kyk hoe Christene leef in gebiede waar die Sharia-wet toegepas word. Die span hoop om begrip en vrede aan te wakker. Bid dat hierdie program gelowiges sal aanmoedig om in moeilike omstandighede na aan God te wandel en dat dit nie-gelowiges sal aanspoor om die Goeie Nuus te aanvaar.