Event Details


‘n Nuwe wet in Kirgisië maak dit moeiliker om die evangelie daar te verkondig. Die kultuur word deur ’n streng vorm van Islam regeer. Nuwe gelowiges hou hulle geloof gereeld geheim van eggenote, ouers of familie uit vrees vir verwerping of mishandeling. FEBA Kirgisië se aanbieders en opvolgwerkers hou kontak met elke luisteraar wat na hulle toe uitreik en bou só sterk verhoudings wat dié luisteraars na Christus toe lei. Bid dat die FEBA Kirgisië-span tot God sal nader in moeilike tye en Sy lig in die donkerte sal uitstraal.