Event Details


FEBA het baie gestremde luisteraars reg oor die wêreld. Mense met gestremdhede sukkel dikwels om toegang te kry tot die Goeie Nuus, en selfs al slaag hulle daarin, kan sommiges nie kerk bywoon om deel te word van ’n Christelike gemeenskap nie. Radio en aanlynuitsendings is ideaal vir diegene wat gesiggestremd is of nie vrylik kan rondbeweeg nie, terwyl spanne soos FEBA Viëtnam video-uitsendings vir hul Dowe gehoor vervaardig. Dit skep die geleentheid om God se Woord te hoor en met ander gelowiges kontak te maak. Prys God vir die tegnologie wat FEBA in staat stel om luisteraars met gestremdhede te bereik en bid dat Sy Woord hul lewens sal herskep.