In Pakistan word die land se stigter op 25 Desember herdenk. Die meeste mense weet net van Kersfees as hulle toegang tot buitelandse media het. Tog maak nuuskierigheid harte dié tyd van die jaar meer ontvanklik. FEBA Pakistan se spesiale Kersprogramme, waarin hulle die ware betekenis van Kersfees en die evangelie deel, het voorheen positiewe terugvoer van nie-gelowiges ontvang. Bid vir Direkteur Shahzad en die FEBA Pakistan-span waar hulle die geskenk van die evangelie hierdie Kerstyd met Moslem-luisteraars deel.