Event Details


’n Noord-Koreaanse luisteraar deel die volgende: “Ek het die evangelie vir die eerste keer deur FEBC gehoor. Nou is my gesin Christene en ken ons ware vrede en vreugde.” Loof God, wie se kinders nooit buite Sy bereik is nie, en bid dat elke FEBC-uitsending in Noord-Korea blywende vrug sal dra.