Armoede dryf baie vroue in Davaostad, Filippyne, tot prostitusie. FEBA Filippyne deel die evangelie met dié vroue deur die Blessing Rahab-program, wat hulle ook toerus met vaardighede om ander inkomstebronne te vind. Bid dat elke vrou in die Blessing Rahab-program haar geloof in Christus sal plaas en haar ou lewe sal agterlaat.