In Malawi beleef gesinne baie uitdagings as gevolg van armoede, geloofsverskille en swak kommunikasie. FEBA Malawi spreek dié kwessies aan in sy Focus on the Family-program, wat baie paartjies en gesinne al tot versoening gebring het. Bid dat FEBA Malawi sal aanhou om luisteraars te leer hoe om mekaar lief te hê soos God hulle liefhet.