Event Details


Bid vir die Hmong mense wat in Laos, Viëtnam en noordelike Thailand woon. Hul dorpies is so afgeleë dat hulle slegs deur kortgolfradio en die internet bereik kan word. FEBA saai reeds dekades lank Hmong-programme uit en baie mense het Christus al so aanvaar. Bid dat hierdie afgesonderde gemeenskappe deur God se Woord omskep sal word.