Event Details


FEBA Malawi was FEBA se eerste radiostasie in Afrika. Pastoor Amos Phiri lei hierdie radiobediening al sedert 1991 met ’n besonderse passie vir sy eie mense, die Yao. Hy het die weg gebaan vir die luisteraarklub-model en hy besoek steeds dorpe in Malawi en Tanzanië om die evangelie te verkondig, nuwe bekeerlinge te doop en dissipels op te lei. Bid vir God se seën oor pastoor Amos en die FEBA Malawi-span hierdie jaar. Vra dat die kerk in Malawi sal aanhou groei in geloof.