FEBC belê baie daarin om gesinne te leer hoe om volgens God se wil te leef. ’n Luisteraar deel onlangs: “Ek het gesmag na my gesin se liefde, want ek kom uit ’n gebroke huis. Dank die Here, ek ken Hom nou, en ek hou aan bid dat my gesin weer heel sal word.” Bid dat gebroke gesinne genesing deur FEBC se uitsendings sal vind.