Event Details


Van kinderprogramme tot jeugkampe en Kersgeskenke vir minderbevoorregte kinders – FEBA gryp elke geleentheid vir jeugbediening aan. FEBA Indonesië leer kinders hoe om gefokusde Bybelstudie in ’n digitale era te doen; FEBA Oekraïne doen berading met jongmense wat deur die oorlog getraumatiseer is; en FEBA Mosambiek het ’n program wat déúr tieners, vír tieners aangebied word. FEBA Kazakstan se sosiale mediabediening bereik duisende jongmense wat na die Waarheid hunker. Bid vir jong FEBA-luisteraars reg oor die wêreld, dat hulle ‘n sterk grondslag deur FEBA se programme sal vestig en volgens God se wil sal leef.