Event Details


Alkoholmisbruik is ’n reuseprobleem in Moldowa en kinders ly dikwels die meeste onder hul ouers se verslawing. Daarom ploeg FEBA Moldowa so baie energie in hul jeugprogramme in. Of dit ’n program is om kleintjies van Jesus se liefde te leer, of Bybelstudies en byeenkomste vir tieners…FEBA gebruik elke beskikbare wyse om Moldowa se jeug met Christus te verbind. Bid dat FEBA se programme Moldowa se jeug sal help om God te ontmoet en in Sy weë te wandel.