Party van FEBA Mosambiek se vroulike luisteraars, waaronder weduwees en voormalige Moslems, het ander begin leer hoe om Bybelstories in radiodramas te omskep. FEBA Mosambiek saai dié dramas uit om vroue en die jeug te bereik. Prys God vir hierdie inisiatief en bid dat FEBA Mosambiek se radiodramas ’n blywende impak op luisteraars sal hê.