“Verbly julle altyd in die Here! Ek herhaal: Verbly julle! Laat julle vriendelikheid aan alle mense bekend word. Die Here is naby” (Filippense 4:4-5 Afr20). Loof God vir die miljoene mense wat in die geleentheid verkeer om die Goeie Nuus deur FEBA te kan hoor, en vra dat hulle met vreugde in Christus gevul sal word.