Event Details


’n Geweldige storm het onlangs FEBA Mali se stasie beskadig en hulle gedwing om uitsendings vir ’n paar dae te staak. Die direkteur vertel: “Ons het die ingenieur en sy assistent van Bamako af laat kom, ten spyte van verskriklike moeilike toestande … die twee mans het alles reg- en skoongemaak. Hulle het ook die toring geverf. Ons is nou terug op die lug en ons luisteraars is baie, baie bly.” Prys God vir Sy seën op FEBA Mali en Sy voorsiening wat hulle op die lug hou.