Hoewel daar reeds vir sowat 200 jaar sendelinge in Thailand is, is minder as 1% van die bevolking Christene. FEBA Thailand het hande gevat met ander Christelike organisasies in die “Love Thailand 1-1-1” projek – waar hulle bid en werk vir ’n oes van 1 miljoen gelowiges, 10 000 kerke en 10 000 pastore teen 2028. Prys God vir hierdie enorme visie en vir die voorsiening van vennootskappe wat dit moontlik maak. Bid dat Hy die projek met Sy genade en krag sal aanvuur en dat die resultaat die teiken sal oorskry.