Hewige vloede het gedurende Januarie erge skade in Sentraal-Malawi aangerig en baie FEBA-luisteraars in die Nkhotakota- en Kasungu-distrikte is daardeur geraak. Talle paaie is weens die oorstromings gesluit, wat hulpverlening vertraag het. Bid dat God sy kinders in Malawi sal voorsien van wat hulle benodig, en dat die ramp nie-gelowiges sal aanspoor om hulle na Hom te keer.