Event Details


Angs en wanhoop is ongelukkig algemeen onder vandag se jeug. Baie voel verlore te midde van uitdagende omstandighede. FEBA saai jeugprogramme in meer as 150 tale uit en moedig jongmense aan om hul sorge aan die Here oor te laat in ruil vir Sy vrede. Bid dat hierdie programme hoop en vertroosting aan elke luisteraar sal bring.