“Wie onder julle is wys en verstandig? Laat hy deur goeie gedrag sy dade met sagmoedige wysheid toon” (Jakobus 3:13 Afr20). Bid dat die wêreldwye kerk sal wandel op ‘n wyse wat die evangelie waardig is in sagmoedige wysheid en sodoende verlore siele na Christus sal lei.