Terwyl Suid-Afrikaners vandag Versoeningsdag vier, bid ons vir al die FEBA-personeel en -luisteraars wat met konflik te kampe het in hul alledaagse lewe, of dit nou fisiese geweld of moeilike gesinsverhoudings is. Bid dat God hulle met vrede sal seën en dat hulle Sy liefde deur FEBA se uitsendings sal leer ken.