“Ek het na FEBA se program oor vergifnis geluister. Na ons telefoongesprek kan ek my man, wat my mishandel het, vergewe. Nou word ek nie meer kwaad nie en kan ek lekker slaap. Dankie vir julle raad rakende vergifnis.” Dank God daarvoor dat Hy vir hierdie luisteraar in Indië vrede gebring het deur FEBA se uitsending.