In Januarie het die Filippynse nasionale weerdiens ’n waarskuwing uitgereik dat swaar reënval tot in Maart kan voortduur, met moontlike vloede en grondverskuiwings. Bid vir mense in die geteisterde gebiede en vir FEBA Filippyne se Rampreaksie Radiospanne wanneer hulle na dié gebiede gaan om die Goeie Nuus saam met praktiese inligting uit te saai.