Event Details


Die Kazak-mense maak 4% van Mongolië se bevolking uit en is die grootste etniese minderheidsgroep in die land. Dié sogenaamde “arendjagters” woon hoofsaaklik in afgeleë gebiede van wes-Mongolië, waar hulle as veewagters werk. Islam is hul hoof-godsdiens en die oorgrote meerderheid is nog onbereik deur die Goeie Nuus. FEBA Mongolië saai spesiale programme in die Kazak-taal uit om hierdie luisteraars te bereik. Bid dat baie Kazak-luisteraars Christus deur FEBA Mongolië se programme sal ontmoet.