Event Details


“Keiko’s Mailbag” is FEBA Japan se gewildste program. Dit word al vir meer as 50 jaar aangebied deur FEBA Japan se voormalige direkteur, Keiko Yoshizaki. Die program gee mense kans om vrae oor God en Christenskap te vra sonder vrees vir verleentheid, iets wat baie belangrik is in die Japannese samelewing. Deur die jare het God vir Keiko en haar program telkemale gebruik om selfmoorde te voorkom. Keiko sê, “Mense voel so afgesonder … hulle soek ’n Redder, maar besef nie Sy naam is Jesus nie. Ek wys hulle na God se beloftes en waarhede.” Prys God vir Sy goedheid en bid dat Hy FEBA Japan sal gebruik om genesing in hul pragtige land te bring.