In Maleisië is bykans alle etniese Maleisiërs Moslem en die wet beperk hulle om Islam te verlaat. FEBC gebruik verskeie aanlynplatforms om die evangelie aan die mense van Maleisië te verkondig, maar vordering is stadig. Bid dat FEBC Maleisië se span sal volhard in die geloof en vra dat luisteraars se harte en denke vir die evangelie oopgemaak sal word.