Bid asseblief vir FEBA Kirgisië waar die span te kampe het met vyandigheid en inperkings op godsdiensvryheid, bo en behalwe gesondheids- en tegniese probleme. Hul Bybelprogram ontlok heelwat negatiewe terugvoer, maar gelukkig gaan sommige van die reaksies oor in opregte gesprekke. Bid vir krag en genesing en vra dat FEBA Kirgisië se werk blywende vrug sal dra.