Het jy geweet? In 2023 het die Wêreldgesondheidsorganisasie eensaamheid as ’n wêreldwye gesondheidsbedreiging verklaar. Oral in die wêreld hunker mense daarna om iewers te behoort. FEBA help miljoene om deel te word van God se familie deur die Goeie Nuus op radio, deur sosiale media en in persoon te deel. Opvolgspanne bly in kontak met luisteraars en besoek hulle, terwyl baie ook vir luisteraars bekendstel aan plaaslike kerke waar hulle saam met medegelowiges kan aanbid. Bid dat luisteraars die vreugde van ’n gemeenskap deur FEBA se bediening sal ervaar.