In Kazakstan is dit onwettig om die Goeie Nuus openlik te verkondig. Dit is waarom FEBA Kazakstan versigtig moet wees om Jesus nie by name te noem in hul aanlynuitsendings of op sosiale media nie. Ten spyte van hierdie beperking bereik FEBA Kazakstan duisende mense deur moeite te doen wanneer iemand hulle privaat kontak. Op hierdie manier het sommige van hul kwaaiste teenstanders al in hul vurigste ondersteuners en mede-sendelinge verander! Bid dat God FEBA Kazakstan sal lei in hul hantering van amptelike en kulturele teenstand teen die evangelie.