Event Details


M’Bimba Dembélé dien al jare lank as FEBA Mali se direkteur, en dit terwyl hy voltyds as vertaler werk en ook ‘n Christen-skool bestuur. Onder sy leierskap het FEBA Mali se radiostasie, KanuYah FM Sollo, so ‘n reputasie vir uitnemendheid opgebou dat selfs Moslems daarna luister en gered word. Sy skool word ook só hoog geag dat Moslems hul kinders daarheen stuur, al leer die kinders uit die Bybel lees en skryf! Bid dat God vir M’Bimba Dembélé en die FEBA Mali-span sal seën en hul getrouheid met ‘n oorvloedige oes sal beloon.