“Ek is ‘n radiowerktuigkundige van Guinee. KanuYah FM Sollo het my van mislukking en dood of die tronk gered. Ek was ’n dwelmverslaafde, rokjagter en moeilikheidmaker. Danksy KanuYah FM se preke in Bambara en Frans het ek nou ’n nuwe lewe nadat ek my sondes bely en tot bekering gekom het.” (FEBA-luisteraar in Mali)