FEBC Filippyne se direkteur, Luis Castillo, bestuur ’n groot bediening wat oor radio, aanlyn, sowel as “op die grond” bedien. Die gehoor wissel van Moslems tot stamme wat in die berge woon tot klassieke musiekentoesiaste in Manila. Bid dat Luis en sy span hul oë op God gerig sal hou en ontvanklik sal bly vir Sy leiding.