Bid vir jong luisteraars in Kazakstan, soos Bagulan en Zhalgas, wat oop is vir die evangelie, al is hulle ateïste. FEBC Kazakstan hou jeugbyeenkomste waar nie-gelowiges met gelowiges kan meng en meer oor Christus kan leer in ’n gemaklike atmosfeer. Bid dat hierdie jongmense hul geloof in Christus sal plaas.